Die bande is die enigste kontak wat jou voertuig het met die padoppervlak, dus is dit uiters belangrik om te belê in die beste bande wat jy kan bekostig. Die bande dra die gewig van die voertuig en absorbeer ook enige hobbelrigheid in die pad.
HI WAY BANDE BIED 'N WYE REEKS PRODUKTE AAN
Hi Way Bande verstaan die fundamentele beginsels van bande, daarom is ons kliënte verseker van ‘n doeltreffende en veilige bestuurservaring. Ons spesialiseer in bande, sowel as alle verwante komponente soos veringstelsels, remme en vellings. Om dit gerieflik te maak vir die kliënt, sluit ons ‘n verskeidenheid van ander produkte in, soos batterye, uitlaatstelsels, ruitveërs en ook ‘n klompie ander motortoebehore.
Bande
Die bande is die enigste kontak wat jou voertuig het met die padoppervlak, dus is dit uiters belangrik om te belê in die beste bande wat jy kan bekostig. Die bande dra die gewig van die voertuig en absorbeer ook enige hobbelrigheid in die pad. Hulle is van uiterste belang om die voertuig te rem asook te stuur...Lees meer - Read more
Batterye
Die battery voorsien die aansitter en ontstekingstelsel van die nodige elektriese krag om die enjin aan die gang te kry. Moderne voertuie het rekenaarbeheerde stelsels wat 'n standvastige stroom van elektrisiteit benodig om te behoorlik funksioneer. Ons kan jou voertuig se battery vir jou toets...Lees meer - Read more
Veringstelsel & Skokbrekers
Die veringstelsel van 'n voertuig bestaan uit vere voor- en agterin die voertuig by die wiele. Die hoofdoel hiervan is om die motor vas en stewig op die padoppervlak te hou en terselfdertyd stuurstabiliteit te voorsien, asook 'n gemaklike rit te verseker. Die skokbrekers keer dat die motor skommel...Lees meer - Read more
'Mags', Vellings en Allooiwiele
Die woord 'mags', wat in die algemene omgang verwys na vellings, kom van die materiaal waarvan dit gemaak was, nl. magnesium. Dit is baie lig, maar vat maklik vlam, dus word 'n mengsel van metale, 'n allooi deesdae eerder gebruik. Of anders word staal gebruik. Allooiwiele is sterker en ligter...Lees meer - Read more
Uitlaatstelsels & Trekstange
Die doel van die uitlaatstel van jou voertuig is om die skadelike gasse wat die enjin genereer, af te voer, weg van die enjin en ook die kajuit van die voertuig. Dit word gedoen deur middel van 'n stelsel van pype en knaldempers wat vanaf die verdeelpyp aan die onderkant van die voertuig langs loop tot agter...Lees meer - Read more
Remme, Ruitveërs & Motorbybehore
Ons weet almal hoe katastrofaal die gevolge kan wees as 'n voertuig se remme faal. Remme is daar om 'n voertuig stadiger te laat ry, of tot stilstand te bring wat beteken hoe vinniger die voertuig beweeg, hoe groter word die behoefte aan goeie remme. Wanneer gerem word met verweerde remme sal jy skraapgeluide hoor of vibrasie voel...Lees meer - Read more
DIENSTE WAT HI WAY BANDE BIED
Ons dryf handel in voertuigbande en het ook ‘n werkswinkel waar ons bandverwante dienste aanbied soos wielsporing, wielbalansering en die herstel van bande. Kliëntediens is ons erns, daarom bied ons ook ‘n 24/7 velddiens aan op die noodtoneel. Langs die pad, op die plaas, dit maak nie saak waar nie. Verder doen ons ook algemene herstelwerk soos die vervanging van remskoene en uitlaatpype. Jou veiligheid is ons prioriteit, daarom bied ons ook gratis bandondersoeke en ander veiligheidsinspeksies.
Wielsporing
Ons is in die bandebesigheid, daarom is wielbalansering een van die dienste waarin ons spesialiseer. Dit word gedoen om die stuurvermoë, stabiliteit en draaibeweging te balanseer, asook om bandafslyting te voorkom. Bande is duur en hou nie vir ewig nie omdat hulle gedurig in gebruik is wanneer die voertuig beweeg. Wanneer die wielsporing uit is, sal dit die leeftyd van die bande verkort en ook die brandstofverbruik negatief beïnvloed. Dit is ‘n goeie gebruik om ‘n wielsporingstoets in te sluit wanneer jy jou voertuig laat diens, of andersinds dan elke 20 000 km.
…Lees meer / Read more
Wielbalansering
Die doel van die balansering van wiele is om vibrasie op die stuurwiel en geraas in die voertuig te voorkom. ‘n Ongebalanseerde wiel plaas addisionele stremming op die voertuig en vererger vibrasie. Wanneer ‘n nuwe of reggemaakte band op ‘n velling gemonteer word, behoort dit gebalanseer word. Balansering van die wiel word gedoen deur die byvoeging van gewiggies aan die binne- sowel as buitekant van die wiel om te voorkom dat die draaibeweging ongebalanseerd is. Wanneer ons jou voertuig se wiele vervang of heelmaak, is die balansering van die wiele deel van die werk….Lees meer / Read more
Herstel van Bande
Bande moet vervang word wanneer dit baie verslyt is, asook wanneer dit te erg beskadig is om te herstel. Ons beveel aan dat jy in sulke gevalle kundiges soos Hi Way Bande raadpleeg. Bandvervanging behoort in pare gedoen te word weerskante van dieselfde as. Nie alle bandprobleme kan na die werkswinkel gebring word nie, daarom het ons ‘n 24/7 uitroepdiens na waar jou probleem ookal is. Ons het die tegniese vaardighede, asook kragtige toerusting om selfs die grootste wiele te hanteer….Lees meer / Read more
Remme, Ruitveërs & Algemene Dienste
Hi Way Bande is nie ‘n winkel wat onderdele en motortoebehore verkoop nie. Die produkte wat ons verkoop, is deel van ons werkswinkel waar die hooffokus is op bande en bandverwante dienste. Ons het die toerusting, vaardigheid en ervaring om montering vir jou te doen. Dus, welke gedeelte van die remstelsel ookal vervang moet word, ons doen dit graag vir jou. Dieselfde geld natuurlik ook vir die ruitveërs. As jy nie kan nie, of verkies om dit nie self te doen nie, installeer ons hulle graag vir jou. Ons manne is vinnig, vaardig en vriendelik.
…Lees meer / Read more
Veringstelsels, Skokbrekers, Uitlaatstelsels, ens.
Ons verkoop nie net veringstelsels, skokbrekers, uitlaatstels, ens. van Bosal en BTM nie, ons installeer of monteer dit ook vir jou. Hi Way Bande bou en installeer spesiale veringstelsels vir 4×4 voertuie ook. Ons vervaardig ook vryvloei uitlaatstelsels van 100% vlekvrye staal. Dit gee jou voertuig ‘n sportiewe voorkoms – net wat jy nodig het vir jou geliefde bakkie of sportsmotor. Hierdie vry-vloei uitlaatstelsels weeg minder as die standaard stelsels wat beteken dat dit tot ‘n mate die brandstofverbruik positief behoort te beïnvloed en versnelling behoort te verbeter…Lees meer / Read more
Gratis Nagaan van Bande & Algemene Veiligheid
Jou veiligheid en dié van jou gesin is vir ons belangrik, dus bied Hi Way Bande ‘n gratis inspeksie van jou voertuig. Bring jou voertuig gereeld vir so ‘n ondersoek en slaan ag op die kundige raad van ons ervare personeel. Veral voordat jy ver gaan ry soos wanneer jy met vakansie gaan, bring jou voertuig vir ‘n gratis inspeksie van die bande, skokbrekers, remme, ruitveërs, ens. Dit mag jou baie moeilikheid langs die pad bespaar, of selfs jou lewe red. So, wanneer jy wonder oor die toestand van jou kar se bande, bring dit na ons, die professionele bandlesers. Laat ons kundiges jou adviseer…Lees meer / Read more
ONS VERHAAL
Hi Way Bande is in 1984 in Riversdal begin deur Johannes (Billy) Arpin. Elf jaar later, in 1995, het Billy die besigheid verkoop aan ene Mnr Enslin, maar hy bly wel aan as ‘n werknemer. Nog 16 jaar later, in 2011, koop Paul van Jaarsveld op sy beurt die besigheid van Mnr Enslin.
Sedert sy ontstaan in 1984 het High Way Bande geleidelik uitgebrei van een tot sewe takke. Swellendam, Heidelberg, Riversdal en Albertinia lê almal langs die N2 vanaf Kaapstad na Port Elizabeth. Ladismith en Oudtshoorn is geleë langs die R62 in die Klein Karoogebied in die Wes-Kaap en ons jongste byvoeging is in Vishoek in die Kaapse Skiereiland.
Billy Arpin is steeds by ons werksaam as gebiedsbestuurder. Jou een-stop bandewinkel asook die enigste verskaffers van Dunlop motorfietsbande in die Suid-Kaap.
Ons maak gereeld bydraes tot gemeenskapsprojekte d.m.v. donasies en ook deelname. Verder het ons ook gereeld promosies en spesiale aanbiedings. Maak seker dat jy nie hierdie promosies laat verbyglip nie.